NewsNewsBreaking News

Geliefde tandarts sterf

VANDERBIJLPARK. – Die Vaal moes onlangs met hartseer verneem dat een van sy jarelange en geliefde tandartse gesterf het. Dr. Bert van Zyl wat vir baie jare in die dorp gepraktiseer het, het op 30 November gesterf.  Hy het na ‘n nege maande lange siekbed aan hart- en nierversaking gesterf. As kindhet Dr Bert in …

VANDERBIJLPARK. – Die Vaal moes onlangs met hartseer verneem dat een van sy jarelange en geliefde tandartse gesterf het.

Dr. Bert van Zyl wat vir baie jare in die dorp gepraktiseer het, het op 30 November gesterf.  Hy het na ‘n nege maande lange siekbed aan hart- en nierversaking gesterf.

As kindhet Dr Bert in die Vrystaat in Hertzogville groot geword. Hy was die jongste van ses kinders. Hy het na skool aan die Universiteit van Pretoria Tandheelkunde studeer.

Na sy studies het hy vir ses maande vir Dr. Cornellison gewerk. Hy het op 10 Januarie 1970 met sy vrou, Gerda in die eg getree. Die pasgedtroudes het die dag daarna . Die volgende dag die Kaap gevlieg, en van daar op die Windsor Castle-pliersierboot na die Engeland vertrek, waar hulle vir twee jaar in die klein dorpie Herfortshire gewoon het.

Daarna het hulle hul in Vanderbijlpark gevestig waar hy sy praktyk begin, en vir 48 jaar gepraktiseer het. Vir die grootste gedeelte hiervan was sy spreekkamer in die Ekspa-gebou in die dorp se middestad.

Baie van sy pasiënte sal onthou toe hy geval en sy nek gebreek het. ‘n Kort wyle voor sy aftrede het hy ook by sy huis geval en sy heup gebreek. Dit het hom nie onder gekry nie. Weke later was hy terug in sy spreekkamers. Dr Bert het op 73 jaar afgetree. Hy en sy vrou Gerda het daarna Kaap toe getrek vir hulle aftrede. Na 2 jaar in die Kaap het Dr ernstig siek geword.

Dr Bert en Gerda het drie kinders saam gehad. Hulle sou in Januarie 2020 hul 50ste huweiliksherdenking gevier het.

Hy laat sy vrou Gerda, dogters Marieke en Tersia, en seun Jaco agter, asook 7 kleinkinders, sy drie susters en broer agter. en 3 susters en 1 broer agter.

  • Vaalweekblad se innigse simpatie aan Dr. Bert se familie en vriende. Vaalweekblad het vir jare die eerste vloer van die Ekspa-gebou met die beminde tandarts gedeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button