NewsNews

Onnodige kommer! Pioneer House word net opgradeer

VANDERBIJLPARK. - Talle inwoners en hul families het verlede week ligte angsaanvalle beleef en ‘n donker Feestyd in die gesig gestaar, toe daar ‘n brief uitgereik is waarin inwoners van Pioneer House kennis gegee is dat hul kamers voor die einde van Desember ontruim moet word.

Vaalweekblad is uit verskeie oorde gekontak om oor dié petalje ingelig te word. Vaalweekblad het egter met een van die direkteure, mnr. Johan Jansen, kontak gemaak en hy het vinnig die misverstand reggestel.
“Daar is geen nodigheid vir kommer nie. Ons as direkteure gee net so baie om vir die inwoners en sal hulle nooit so voor Kerstyd op straat sit nie,” sê Jansen.
Hy het verduidelik dat die eerste brief wat aan die inwoners gestuur is, die verkeerde boodskap oorgedra en verwarring geskep het.
Daar is kort daarna ‘n vergadering met die inwoners gehou om hulle gerus te stel. “’n Gedeelte van die gebou gaan omgeskakel word vir studentebehuising.
Om dit te doen moet ‘n gedeelte van die gebou ontruim word, aangesien dit ‘n konstruksie-area sal wees,” verduidelik Jansen.
Die rede om ‘n gedeelte van die gebou in studentebehuising te omskep, is met die doel om die gebou meer winsgewend te maak.
Dit sal daartoe lei dat geld in die gebou teruggeploeg kan word. Die inwoners wat hierdeur geraak word, sal na gedeeltes wat nie deur die konstruksie geraak word nie, geskuif word.
“Ons vra verskoning vir die ongerief en ontwrigting. Ons verstaan dat dit vir sommige inwoners ‘n traumatiese ervaring sal wees,” sê Jansen.
Hy het beklemtoon dat dit nie ‘n terminasie van die huurkontrak of ‘n uitsettingsbevel is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button