NewsNewsBreaking News

Hou asem vars vir al daai soene

Kerfees is ‘n vreugdevolle tydperk van die jaar … en daar is baie partytjies en soene wat daarmee saamgaan. Dit is ook die tyd wat almal goed wil lyk en vars wil voel, maar dit is ongelukkig ook die tyd dat ‘n slegte asem sake moeilik kan maak. Dirna Grobbelaar (Ivohealth’s Oral Hygiene Advisor) het …

Kerfees is ‘n vreugdevolle tydperk van die jaar … en daar is baie partytjies en soene wat daarmee saamgaan. Dit is ook die tyd wat almal goed wil lyk en vars wil voel, maar dit is ongelukkig ook die tyd dat ‘n slegte asem sake moeilik kan maak.

Dirna Grobbelaar (Ivohealth’s Oral Hygiene Advisor) het egter ‘n paar wenke wat daarmee kan help.

Grobbelaar verduidelik dat Desembermaand se warmer weer, senuwees of opgewondenheid , sosiale geleenthede of self eksamens, asook die verandering in jou daaglikse roetine van die bydraende oorsake van ‘n slegte asem kan wees.

‘n Droee mond is net die regte plek vir bakteriee wat ‘n slegte asem veroorsaak. Dit is dus belangrik om baie water te drink. Drink dit reeds voor jy baie dors is, want dan is jy reeds gedehidreerd.

Gesonde kosse soos vesel, vrugte en groente is ook belangrik.

Maar dan is daar natuurlik alkohol wat ‘n groot deel van die vieringe is. Maar dit is een van die groot kwaaddoeners. Jy hoef nie geen alkohol te drink nie, wissel dit bloot af met nie-alkoholiese drankies.

Orale higiene is die hele jaar belangrik, so moet dit nie nou afskeep nie. Jy is dalk op vakansie  maar bakteriee nie. Sorg dus dat jy jou tande korrek borsel: twee minute lank in die oggend en weer in die aand.

Flos daagliks en hou ook jou tong skoon. Om ekstra voorsorg te tref, spoel jou mond met ‘n alkoholvrye mondspoel in die oggend en voor jy bed toe gaan saans.

Daarsy, jou asem sal vars wees en jy kan maar vriende en familie met selfvertroue soen.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button