Vaal se boksreus beseer toe kryttou meegee
Ettienne van Rensburg KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, Ruann Visser het vroeër vandag in ‘n fratsongeluk sy knie en arm beseer toe hy agteroor uit ‘n bokskryt geval het weens ‘n kryttou wat meegegee het. Hy was veronderstel om vandag sy titel teen Tiaan Fick by Camps Bay High te verdedig, maar die hoofgeveg is …
Ettienne van Rensburg
KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, Ruann Visser het vroeër vandag in ‘n fratsongeluk sy knie en arm beseer toe hy agteroor uit ‘n bokskryt geval het weens ‘n kryttou wat meegegee het.
Hy was veronderstel om vandag sy titel teen Tiaan Fick by Camps Bay High te verdedig, maar die hoofgeveg is gekanselleer sonder dat ‘n enkele hou geslaan is. Die fratsongeluk het gebeur net voordat die volkslied gesing sou word toe Visser soos oudergewoonte teen die toue met sy rug geleun het om die toue te toets.
“Ons is net dankbaar dat hy nie op sy kop geval het nie,” het sy ma Juanita na die skokkende voorval gesê.
Hiernaas is ‘n video van dié voorval waarin die boorling van die Vaaldriehoek beseer is.
I am at a loss for words. 2 years of work coming to a head for one day and then this happens. I can't blame anybody and it's not my place to do so. The fight was cancelled cause Ruann hurt his knee in the fall and couldn't continue. To be honest I cant blame him, this was not his fault either. In my life I have never experienced or thought I'd see something like this.I had a full camp and was ready for a war. Put in the hardest graft I've ever done for this night. But now I have a wedding to plan and a new chapter to begin.I want to thank my team Matthew Leisching Dominic Ferreira Jordy Anterio de Roos Savva Savvas all my supporters and friends for always having my back. I'm not sure what I'm doing from here on out but it's been one hell of a ride which ended me up in the ring in a SA title fight!
Posted by Tian Fick on Monday, 16 December 2019
