NewsNewsBreaking News

Nog ‘n skelmstreek op paaie – wees versigtig!

Net wanneer Suid-Afrikaners dink hulle het nou al die skelmstreke in die boek gesien, steek daar opnuut ‘n nuwe, en baie gevaarlike een sy kop uit. Daar is onlangs op sosiale media vertel hoe ‘n vrou ‘n noue ontkoming beleef het. Sy het dit gedeel met die doel om ander motoriste, veral die wat binnekort …

Net wanneer Suid-Afrikaners dink hulle het nou al die skelmstreke in die boek gesien, steek daar opnuut ‘n nuwe, en baie gevaarlike een sy kop uit.

Daar is onlangs op sosiale media vertel hoe ‘n vrou ‘n noue ontkoming beleef het. Sy het dit gedeel met die doel om ander motoriste, veral die wat binnekort pad vat na ‘n vakansiebestemming te waarsku.

Die vrou het vertel dat ‘n taxi voor haar aanhoudend gerem en dan weer vinniger gery het. Hulle het dit waarskynlik gedoen met die opset om die bestuurder agter hulle te ontwrig met die wete dat die motoris hulle sal wil verbysteek. Toe vrou dit wel doen en die kans waag om die taxi verby te steek, is sy met ‘n bierbottel bestook (dit kon natuurlik met enige harde voorwerp gedoen word). Haar voorruit was erg beskadig, maar sy het eenvoudig aangehou ry en eers by ‘n veilige plek afgetrek. Die vermoede is dat hulle gehoop het dat sy sou stop en haar dan gehijack of beroof het.

“Wees asb versigtig. As jy kan hou aan ry tot tussen mense. Wees ekstra versigtig oor Kerstyd en pas julle families op,” is haar raad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button