NewsNews

Paartjie vier 70ste huweliksherdenking

VEREENIGING. - Coen (95) en Rose (89) Huyzers van Rothdene het op 19 November hul 70ste huweliksherdenking gevier.

Die paartjie wat vir meer as ses dekades op ’n kleinhoewe in die Meyerton- omgewing gebly het, woon tans by hul oudste seun Koos.
Rose het destyds in die poskantoor gewerk en Coen op die spoorweg. Hulle het mekaar deur werk ontmoet. Coen het daarna vir 30 jaar vir Samancor gewerk en later sy B.Com.-graad aan Unisa verwerf.
Hy was ook vir 30 jaar die voorsitter van die Vereeniging-kennelklub. Vra jy vir die paartjie wat die geheim vir ’n lang en gelukkige huwelik is, sal hulle vir jou sê: “Dit is belangrik om altyd eerlik met jou maat te wees, respek vir mekaar te hê en hard te werk aan die verhouding.”
Hulle het drie seuns, Koos (67), Roy (64), Hannes (59), vier kleinkinders en twee stiefkleinkinders.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button