Local newsNewsNewsBreaking News

Groenstroke laat inwoners rooi sien

SASOLBURG. – Die voorheen pragtige Vrystaatse dorp wat vir soveel jare (nou lank gelede) gereeld pryse gewen het vir die toestand van die dorp, is nou vir baie inwoners ‘n verleentheid. Dit is veral die toestand van die groenstroke wat inwoners nou laat rooi sien. Die groenstroke is destyds spesifiek geskep om die areas mooi …

SASOLBURG. – Die voorheen pragtige Vrystaatse dorp wat vir soveel jare (nou lank gelede) gereeld pryse gewen het vir die toestand van die dorp, is nou vir baie inwoners ‘n verleentheid.

Dit is veral die toestand van die groenstroke wat inwoners nou laat rooi sien. Die groenstroke is destyds spesifiek geskep om die areas mooi en ruim te laat lyk. Nou is dit verwaarloos en eintlik gevaarlik om dit behoorlik te benut.

“Kyk hoe lyk dit, wat ‘n gemors en die plaaslike munisipaliteit doen eenvoudig niks daaromtrent nie,” kla mnr. Dereck Combrinck, een van vele inwoners wat graag verbetering wil sien.

Hy het die foto’s van die groenstrook, aangrensend van Van Graan, Fourie en De la Rey geneem en na Vaalweekblad gestuur.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button