NewsNewsBreaking News

Spesiale ‘vrylating vergunning’ vir sekere gevangenes

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat hy ‘n spesiale “verkorte vonnis vergunning” aan sekere gevangenes gaan toestaan – seksuele oortreders sal nie hiervoor in ag geneem word nie. Ramaphosa het beklemtoon dat so ‘n besluitneming altyd baie deeglik oorweeg word voordat dit toegestaan word. Die belange van die publiek en die reg moet in ag …

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat hy ‘n spesiale “verkorte vonnis vergunning” aan sekere gevangenes gaan toestaan – seksuele oortreders sal nie hiervoor in ag geneem word nie.

Ramaphosa het beklemtoon dat so ‘n besluitneming altyd baie deeglik oorweeg word voordat dit toegestaan word. Die belange van die publiek en die reg moet in ag geneem word.

“Die oorweging vir vroee vrylating sal in onderskeie fases geskied. Dit sal begin met spesiale afdelings soos vroue, die jeug, bejaardes en gestremde gevangenes ,” het hy bevestig.

Dit sal nie die eerste keer wees dat sulke spesiale vergunnings gedoen word nie. Dit is ook gedoen met president Nelson Mandela se inhuldiging in 1994, toe weer op die eerste gedenking van die land se demokrasie in 1995 en weer op Mandela se 80ste verjaarsdag in 1998.

President Thabo Mbeki  het ook in 2005 ‘n soortgelyke aankondiging gemaak en weer met SA se demokrasieviering in 2012.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button