NewsNewsBreaking News

Tiener in die wind na hy hond se been breek

BLOEMFONTEIN. – Die 17-jarige seun wat hierdie week nasionale skok veroorsaak het na hy ‘n hondjie (Rover) se agterbeen gebreek het om glo te bepaal “hoe sterk hy is” het nie vir sy hofverskeining opgedaag nie. Rover se linker-agterbeen moes intussen geamputeer word. Die polisie het die seun by sy ouerhuis gaan soek, maar hy …

BLOEMFONTEIN. – Die 17-jarige seun wat hierdie week nasionale skok veroorsaak het na hy ‘n hondjie (Rover) se agterbeen gebreek het om glo te bepaal “hoe sterk hy is” het nie vir sy hofverskeining opgedaag nie.

Rover se linker-agterbeen moes intussen geamputeer word. Die polisie het die seun by sy ouerhuis gaan soek, maar hy kon nie opgespoor word nie.

Volgens die DBV-inspekteur wat Sondagaand op die histeries-huilende, bloeiende Rover in Bayswater aan die noorde van Bloemfontein afgekom het, was die fraktuur eenvoudig te erg en daar was geen ander keuse nie.

Intussen het Rover se nagmerrie-ondervinding nasionale verontwaardiging veroorsaak. Die DBV was die afgelope week oorval met oproepe van belangstelling en ondersteuning.  Danksy mense se betrokkenheid kon Rover se veearts onkoste gedek word.

Daar was ook oproepe van mense wat selfs geld aangebied het as die DBV die betrokke seun se identiteit aan hul sal gee. Die DBV pas egter die dossier soos goud op om sodoende nie die hofsaak te benadeel nie.

Daar is darem ook ‘n gelukkige einde in sig vir Rover (wat reeds goed oor die weg kom op sy drie oorblywende beentjies). Daar was heelwat mense wat aangebied het om Rover aan te neem, maar die top-kandidaat is ‘n vrou van Pretoria. Die DBV het gese dat die deurslaggewende faktor in haar aansoek was, dat sy Rover na Onderstepoort sal neem sodat hy ‘n kunsbeen kan kry. Die DBV sal ‘n tuisinspeksie doen voordat Rover se “nuwe lewe” begin.

  • Daar was gelukkig nie nog honde op die perseel waar Rover gered is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button