Local newsNewsNewsBreaking News

Kerswense aan al ons lesers

Die jaar het verby gevlieg. Vandag is dit Kersfees en oor ‘n paar dae is dit Nuwejaar … 2020 wink! Die Vaalweekbladspan wens al ons getroue lesers ‘n vreugdevolle Kersfees toe saam met hul geliefdes. Ook aan die lesers wat deur die jaar moontlik ‘n geliefde aan die dood moes afstaan. Ons dink aan julle …

Die jaar het verby gevlieg. Vandag is dit Kersfees en oor ‘n paar dae is dit Nuwejaar … 2020 wink!

Die Vaalweekbladspan wens al ons getroue lesers ‘n vreugdevolle Kersfees toe saam met hul geliefdes. Ook aan die lesers wat deur die jaar moontlik ‘n geliefde aan die dood moes afstaan. Ons dink aan julle in hierdie tyd en hoop dat daardie leemte gevul sal word met liefde en ondersteuning deur vriende en familie.

Aan die einde van elke jaar dink mens maar altyd terug aan die hoogte- en laagtepunte. Die Vaaldam is te leeg, die slaggate is te veel, kinderontvoering het soos ‘n nuwe mode in SA kop uitgesteek, plaasmoorde word nie gestop nie en beurtkrag maak inwoners boos … om maar net ‘n paar te noem.

Vir die Vaalweekblad-joernaliste wat oor die goeie en hartseertye moet berig, was dit ‘n besondere jaar van beproewing. Die Driehoek-tragedie was beslis die hartseerste voorval wat vanjaar in die Vaalriehoek afgespeel het. Ons dink vandag in besonder aan die ouers en maats wat hierdeur geraak is.

Baie inwoners moes persoonlike uitdagings oorbrug en Vaalweekblad is trots op elkeen wat sy bes probeer het om dit te vermag, al was dit dalk nie 100% suksesvolg nie. Onthou 2020 bied nuwe uitdagings en geleenthede.

  • Hou moed en geniet Kersdag met die wete dat God die mensdom so lief gehad het dat Hy Sy enigste Seun vir ons gestuur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button