NewsNewsBreaking News

Strop trek al nouer om Guptas

Die Departement van Binnelandse Sake het die aansoek vir hernuwing van paspoorte van die Guptas geweier, en daarmee nog ’n fase begin om die omstrede figure vas te trek. Die Gupta broers het tot hede die wêreld vol gereis met SA paspoorte asof hulle burgers van die land is. Intussen word gepoog om ’n uitleweringsooreenkoms …

Die Departement van Binnelandse Sake het die aansoek vir hernuwing van paspoorte van die Guptas geweier, en daarmee nog ’n fase begin om die omstrede figure vas te trek.

Die Gupta broers het tot hede die wêreld vol gereis met SA paspoorte asof hulle burgers van die land is.

Intussen word gepoog om ’n uitleweringsooreenkoms te bereik met die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) om die Guptas wat hulle tans daar bevind, uitgelewer te kry aan Suid-Afrika waar hulle vir talle ongerymdhede aangekla en vervolg sal word.

Die bewerings is gemaak dat die Guptas die hoofrol spelers was in die Staatskaping onder die Zuma-bewind, en ook by verskillende transaksies betrokke was waarvan die Vrede Melkplaas een is. – SAUK

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button