NewsNewsBreaking News

Die verhaal van gesteelde Zeus

Die Vaaldriehoek is ‘n gesmeenskap wat saamstaan as daar iets in die gemeenskap gebeur. ‘n Groot meerderheid Valies is ook diereliefhebbers wat saam soek en boodskappe of sosialemedia versprei as daar ‘n viervoetkind soek is. Inwoners sal hul dus kan verlustig aan hierdie Amerikaanse verhaal van ‘n pitbull-kruising met die naam Zeus wat in Butte, …

Die Vaaldriehoek is ‘n gesmeenskap wat saamstaan as daar iets in die gemeenskap gebeur. ‘n Groot meerderheid Valies is ook diereliefhebbers wat saam soek en boodskappe of sosialemedia versprei as daar ‘n viervoetkind soek is.

Inwoners sal hul dus kan verlustig aan hierdie Amerikaanse verhaal van ‘n pitbull-kruising met die naam Zeus wat in Butte, Montana gesteel was en na drie maande weer met sy eienaar herenig is.

Wat die verhaal so wonderlik maak is dat Zeus ook danksy die hulp van mede-diereliefhebbers met sy eienaar herenig is. ‘n Sogenaamde “vriend” van Zeus se eienaar Cassandra, het hom saam met van haar besittings gesteel. Die “vriend” is sowat 2 000 myl (3 218km) in Wes Virginia opgespoor met Zeus steeds in sy besit.

Zeus kon nie per vliegtuig terug gestuur word huistoe nie, omdat pitbulls deur baie lugrederye in Amerika verban word. Net daar het verskeie weldoeners ingetree om te sorg dat hy weer met sy “mamma” herenig word. Twee organisasies: Many Paws Volunteer Transport (wat sy toer oor nege state behartig het), asook die Kanawha Charleston Humane Association (wat vordering gemonitor en “gepost” het) was in beheer. Dit het ook sowat 15 vrywilligers ingesluit wat elk ‘n afstand moes behartig om die viervoetkind betyds vir Kersfees tuis te kry. Wys net hoe kan mense saamstaan, en wat ‘n gelukkige einde!

Zeus tydens die rit op pad terug Montana toe saam met een van die vrywilligers. Dit het 15 aflos-bestuurspanne oor ‘n tydperk van vier dae oor ‘n afstand van nege state gekos om Zeus weer by Cassandra te kry.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button