NewsNewsBreaking News

Meer kieme in jou baard as op Rufus

As jy dalk die afgelope paar jaar pronk met ‘n weelderige baard, is dit dalk nou die tyd om dit deel van jou 2020 nuwejaarsvoorneme te maak en dit af te skeer … want ‘n nuwe studie toon dat daar meer kieme in jou baard is as op ‘n hond se pels. Navorsers in Switserland …

As jy dalk die afgelope paar jaar pronk met ‘n weelderige baard, is dit dalk nou die tyd om dit deel van jou 2020 nuwejaarsvoorneme te maak en dit af te skeer … want ‘n nuwe studie toon dat daar meer kieme in jou baard is as op ‘n hond se pels.

Navorsers in Switserland se Hirslanden-kliniek is vir hierdie slegte nuus te danke, want vele vroue en en voorheen “vrygewige vryers”gaan dalk nou twee keer daaroor dink voor hulle deur daardie weelderige baard ploeg om ‘n lekker natte te plant.

Die navorsers het eintlik die toetse gedoen om te bepaal of dit higienies sou wees om honde in dieselfde MRI-masjiene as mense toe te laat en daar het julle dit. Geen wonder party vroue is liewer vir hul honde as hul mans nie … hulle is dan veiliger om te soen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button