NewsNewsBreaking News

Padongelukke: eisers kan lank wag

Die lekker Desembervakansie is iets van die verlede en daarmee saam was daar natuurlik weer honderde padongelukke gedurende die feesseisoen. Meer as 1 400 mense het op die paaie gesterf. Die meeste padongelukke is veroorsaak deur dronkbestuur, spoed en bestuurders wat op gevaarlike plekke verbygesteek het. Maar dan is daar slagoffers van padongelukke wat moontlik …

Die lekker Desembervakansie is iets van die verlede en daarmee saam was daar natuurlik weer honderde padongelukke gedurende die feesseisoen. Meer as 1 400 mense het op die paaie gesterf. Die meeste padongelukke is veroorsaak deur dronkbestuur, spoed en bestuurders wat op gevaarlike plekke verbygesteek het.

Maar dan is daar slagoffers van padongelukke wat moontlik hofsake van ongelukke in hul guns kan beklink en vergoeding moet kry. Maar daar is slegte nuus. Duisende slagoffers van die padongelukkefonds wag tans om vergoed te word na hofbevele wel in hul guns beklink is.

Volgens ‘n persvrystelling het honderde eisers hulle onlangs na die hof gewend waar hulle ‘n dringende bevel gekry het om op agt van die RAF se Absa-bankrekeninge besleg te lê. Maar die RAF het op sy beurt verlede maand hof toe gegaan, waarin hy wou hê dat die bevel opgehef moes word, omdat hy gesê het dat hy eenvoudig nie die koste kon bekostig om hierdie eisers te betaal nie, aangesien sy uitstaande skuld meer as R17 miljard is. Die fonds het gesê dat hy nie sonder sy bankrekeninge kan funksioneer nie, omdat hy sukkel om kop bo water te hou

Die regsafdeling van die RAF het vroeër in hofstukke bevestig dat die fonds se aanspreeklikheid op die stadium vir beseerde motoriste meer as R17 miljard beloop. Die RAF ontvang slegs gemiddeld ongeveer R3,5 miljard per maand. Die gemiddelde eise wat elke maand ontvang word en nie betaal kan word nie is glo R4,3 miljard.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button