NewsNews

Twee gewond in wilde skietery

VEREENIGING. - Die lang arm van die gereg het Sondagmiddag met ’n ystervuis op gewapende rowers toegeslaan. Twee vermeende rowers is in die Sebokeng- hospitaal met skietwonde opgeneem nadat ‘n gewapende rooftog in die middestad skeefgeloop het.

Flink optrede deur die Sedibeng Blitspatrollie het tot die arrestasie van drie verdagtes gelei. ‘n Vierde verdagte het te voet gevlug. Die rowers het ‘n besigheid in Georgestraat beroof. Die verdagtes het daarna in ‘n poeierblou Toyota Conquest gevlug en is deur lede van die blitspatrollie wat in die omgewing was, tot in Senator Markslaan agtervolg, waarna die rowers op die polisie losgebrand het. Konstabels Leonard Netshituni, Lebohang Thotsejane en William Sombane is nie in die skietery beseer nie.
Volgens die polisieverslag was Netshituni- hulle besig om ‘n verdagte voertuig in Georgestraat te deursoek toe ‘n winkeleienaar na hulle aangehardloop gekom het met die nuus dat sy pas beroof is.
Die blitspatrollie het die voertuig tot in Senator Markslaan agtervolg, waarna die verdagtes uit die bewegende voertuig gespring en begin skiet
het. Gesteelde goedere en ‘n 9mm Star pistool is op die toneel gevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button