NewsNews

ADK spog met jong sepiester

VANDERBIJLPARK. - Die Vaaldriehoek spog nou met twee Valies wat rolle in die gewilde Suid-Afrikaanse sepie, Binnelanders, vertolk.

Dihan Schoeman (20) van Meyerton is te sien as Jacques Oliver en nou is Jaco-Niel Verwey (9) te sien as Binnelanders se Ethan. Jaco-Niel is ‘n leerling van Laerskool D.F. Malherbe en dramaleerling aan die ADK Drama en Filmskool in die dorp.

Dihan Schoeman van Meyerton vertolk die rol van Jacques Oliver
in Binnelanders. Foto: Elsje Vermeulen

Hy kry reeds die afgelope drie jaar drama-onderrig by Franciska van der Merwe, eienares van die dramaskool. Danksy haar en met die verdere hulp van Brumilda van Rensburg, het die aantreklike jong Jaco-Niel die rol in Binnelanders losgeslaan.
“Ons glo aan kwaliteit afrigting by ADK. Ek is trots om te kan sê Jaco-Niel is een van ons leerlinge. Die jong man het baie talent,” sê Franciska. Die skool spog ook met ‘n senior-student, Jay-Dee Conradie, wat verlede jaar
as die beste opkomende akteur by Aardklop aangewys is. Hy is ook NWU se Beste Kultuurstudent vir 2019.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button