NewsNewsBreaking News

AfriForum wil Lesufi uit stoel hê

AfriForum het vandag ’n tweede brief aan David Makhura, Gautengse Premier gestuur, waarin die burgerregteorganisasie opnuut hul misnoeë uitspreek oor die voortdurende chaos wat by talle skole in Gauteng heers weens ongeplaaste of verkeerdelik-geplaaste leerders. Talle skole moes reeds op 20 Januarie hul deure sluit uit vrees weens dae lange protesoptogte deur ongelukkige en gefrustreerde …

AfriForum het vandag ’n tweede brief aan David Makhura, Gautengse Premier gestuur, waarin die burgerregteorganisasie opnuut hul misnoeë uitspreek oor die voortdurende chaos wat by talle skole in Gauteng heers weens ongeplaaste of verkeerdelik-geplaaste leerders.

Talle skole moes reeds op 20 Januarie hul deure sluit uit vrees weens dae lange protesoptogte deur ongelukkige en gefrustreerde ouers. “Dít terwyl Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, voorgee dat sy provinsie se skole geen probleme ervaar nie,” lui AfriForum se persverklaring.

“Ons word herhaaldelik deur moedelose ouers gekontak omdat hulle geen steun van die Gautengse onderwysdepartement ontvang nie. Ons is reeds in die tweede week van die eerste skoolkwartaal en daar is steeds ongelukkigheid by ouers en skole wat direk deur die aanlynregistrasiestelsel en -plasings veroorsaak is.

“Skole kan nie hul deure sluit uit vrees vir ouers se optrede as gevolg van chaos wat deur die Gautengse onderwysdepartement veroorsaak is nie. Lesufi en sy departement moet verantwoordelikheid neem vir hierdie wanorde en ongemak,” sê Carien Bloem, bestuurder vir onderwys by AfriForum.

AfriForum se omvattende veldtog teen Lesufi swoed voort en sluit ’n petisie in waar ouers die organisasie se eis vir sy afdanking deur middel van die webtuiste (www.afriforum.co.za/Lesufimoetval), ’n SMS na 32782 (R1), of AfriForum se Facebook-blad kan steun.

Bloem moedig die publiek aan om AfriForum se veldtog te steun. “Ons kan nie langer toelaat dat hierdie plasingskrisisse en ander wangedrag jaarliks ten koste van die jeug herhaal word nie. Gauteng se skole, ouers en kinders verdien beter,” sluit sy af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button