Local newsNewsNews

Refentse jaag deur muur, nie beseer

Die Vaal se geliefde sanger, Refentse Morake van Vereeniging, was vanoggend weer in die kollig maar die keer nie vir sy mooi stem nie, maar omdat hy glo beheer oor sy motor verloor en in die vroeë oggendure deur ‘n inwoner van Potchefstroom se muur gebars het. Die muur is erg beskadig, maar gelukkig is …

Die Vaal se geliefde sanger, Refentse Morake van Vereeniging, was vanoggend weer in die kollig maar die keer nie vir sy mooi stem nie, maar omdat hy glo beheer oor sy motor verloor en in die vroeë oggendure deur ‘n inwoner van Potchefstroom se muur gebars het.

Die muur is erg beskadig, maar gelukkig is niemand beseer nie. Die eienaars van die woning het omstreeks 02:40 wakker geword toe hulle polisiesirenes gehoor het. Hulle het toe uitgevind dat hul woning se muur in die slag gebly het. Dit het glo hard gereën toe die ongeluk gebeur het.

‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat die ongeluk gebeur het en dat Refentse op die toneel om verskoning gevra het. Geen klag is teen hom ingedien nie, aangesien hy en die eienaars van die huis reeds ‘n ooreenkoms bereik het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button