NewsNews

Tharina Human: van blondekop in 2019 na perskop in 2020

VANDERBIJLPARK. - Die voormalige Gr. RR-onderwyseres en vermeende meesterbrein agter die ontvoering van ’n sesjarige meisie van Laerskool Kollegepark in September verlde jaar, Tharina Human (27), het Donderdag 9 Januarie die koppe laat draai toe sy met swartpers hare, donkerrooi lipstiffie en ’n swart rok in die beskuldigdebank ingeskuif het.

Tharina, wat voorheen met blonde hare gespog het, staan saam met haar medebeskuldigdes, Laetitia Nel (40), Pieter van Zyl (50) en Bofokeng Molemohi (24) tereg op aanklagte van ontvoering en afpersing. Dit was hul heel eerste verskyning vir die jaar.

Tharina Human (27) verlede jaar in die streekhof in Vanderbijlpark
toe sy nog blonde hare gehad het.

Van Zyl en Molemohi het strak voor hulle uitgestaar en Nel het soos met vorige verskynings kort-kort die trane afgevee. Die beskuldigdes se verhoor sal na verwagting later vanjaar in die hooggeregshof in Palm Ridge voortgaan sodra ‘n verhoordatum vasgestel is.
Die staatsaanklaer, adv. Luanda Ngcobo, het Woensdag die staatsaanklaer meegedeel dat ’n verhoordatum nog nie vasgestel is nie. Sy het gevra dat die saak tot 25 Februarie uitgestel word, wanneer ‘n datum hopelik bekend sal wees. Human, Van Zyl en Molemohi is steeds in aanhouding. Nel se borgtog is verleng. Die sesjarige meisie begin vandag (15 Januarie) met haar Gr. 1-jaar aan die Laerskool Kollegepark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button