NewsNewsBreaking News

Hoe veilig is kinders by die skool?

Ouers wil tog gemoedsrus hê as kinders by die skool afgelaai word. Hulle is mos veilig daar, of nie? Voglens ‘n verslag van die Vryheidsfront Plus, is daar sedert die begin van die 2020 skooljaar te veel voorvalle waar skoolkinders op ‘n onnatuurlike wyse gesterf het. “Skole en instansies wat verantwoordelik is vir die veiligheid …

Ouers wil tog gemoedsrus hê as kinders by die skool afgelaai word. Hulle is mos veilig daar, of nie?

Voglens ‘n verslag van die Vryheidsfront Plus, is daar sedert die begin van die 2020 skooljaar te veel voorvalle waar skoolkinders op ‘n onnatuurlike wyse gesterf het.

“Skole en instansies wat verantwoordelik is vir die veiligheid van skoolkinders en nalaat om hul verpligtinge na te kom, moet ondersoek en vervolg word,” lui die persverklaring.

In die jongste geval is Laticia Jansen (15), ‘n leerling aan die Graceland Education Centre in Elsburg Germiston, dood nadat sy na bewering aangeval en verkrag is. Haar liggaam is twee dae later in ‘n bos naby Elsburg gevind. En moenie dink dat hierdie soort gebeure net buite die Vaaldriehoek gebeur nie. Hier was reeds gevalle waar kinders op die skoolterrein aangeval en selfs verkrag was. In die meeste gevalle word dit eenvoudig net toegesmeer om die skool en ook die kind te beskerm.

Dan is daar ook die gevaar van kinders wat die skoolbus verpas (soms arriveer die busbestuurders voor die tyd), en dan moet die kinders daar staan of begin stap. Albei opsies is gevaarlik en onaanvaarbaar.

“Ouers laat hul kinders in die sorg van skole en instansies waar hulle veilig behoort te wees. In dié geval was dit ‘n doodsvonnis. Dit kan nie geduld word nie. Mense moet verantwoordelik gehou word vir hul dade,”sluit die persvrystelling af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button