NewsNewsBreaking News

Paartjie erg aangerand, van laaste R300 beroof

Daar is geen einde aan die wrede plaasaanvalle in Suid-Afrika nie. Die ergste is dat mense soms erg aangerand, vermink of vermoor word vir ‘n skamele bedrag geld. Soos nou weer die geval van ‘n paartjie van Bapsfontein. Daar word vermoed dat vier tot ses aanvallers laat Dinsdagaand toegang tot die woning verkry het deur …

Daar is geen einde aan die wrede plaasaanvalle in Suid-Afrika nie. Die ergste is dat mense soms erg aangerand, vermink of vermoor word vir ‘n skamele bedrag geld.

Soos nou weer die geval van ‘n paartjie van Bapsfontein. Daar word vermoed dat vier tot ses aanvallers laat Dinsdagaand toegang tot die woning verkry het deur die voordeur oop te breek.

Die 51-jarige man is met ‘n serp verwurg en sy privaatdele is met ‘n skerp voorwerp gesny. Die 61-jarige vrou het harsingskudding opgedoen en haar oortrommel het ook glo gebars. Dit wil voorkom of albei erg geslaan en geskop was.

Die vroue het na die aanval tot by die plaaspad gestap om hulp te ontbied. Die man is in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem.

Behalwe vir die man se houtwerktoerustig en hul selfone, is die paartjie van hul laaste bietjie kontant (sowat R300) beroof. Al hierdie pyn en ellende vir so biejtie geld!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button