NewsNews

Plaasaanval: slagoffer van apatiese houding en leë beloftes

Me. Mimie Jacobs, wat in 2016 aangewys is as die Vrystaatse Vroueboer van die Jaar, is Saterdagnag (22 Februarie ) aangeval en beseer op haar plaas. "Dit is uiters kommerwekkend dat boere wat deur regering erken word vir hul bydrae tot die landbousektor, nie volkome hul vertroue in die regering kan plaas om hul veiligheid te verseker nie," sê Jan van Niekerk (VF Plus-provinsiale leier: Vrystaat) in 'n persverklaring.

Me. Jacobs is die slagoffer van die apatiese houding en leë beloftes wat die regering teenoor geslagsgeweld en landelike beveiliging openbaar. Die regering behoort kennis te neem daarvan dat dit nie net ‘n boer is wat aangeval is nie, maar ook ‘n vrou wat weens gebrekkige polisiëring die teiken van ‘n plaasaanval was. Daar is steeds gebiede in die Vrystaat waar daar ‘n tekort aan samewerking met die polisie asook ʼn tekort aan noodsaaklike hulpbronne is om landelike beveiliging te verseker, luis sy verklaring.

Die VF Plus loof nogtans die spoedige optrede van die polisie in hierdie geval, asook die rol van die gemeenskap en ander rolspelers vir hul optrede na die aanval, maar veroordeel steeds die voorval aangesien hierdie pogings slegs reaktief is.

“Indien die polisie geluister het na die VF Plus se oproepe na spesialiseenhede, sou ‘n plaasaanval soos dié en talle ander moontlik afgeweer kan word as gevolg van sigbare polisiëring in onveilige landelike gebiede. Die polisie behoort nie net ‘n reaktiewe polisiëringsplan te hê nie.

“‘n Regering wat net praat, beteken niks. Die landelike gemeenskap verdien effektiewe aksieplanne met konkrete, tasbare oplossings wat op grondvlak duidelik sigbaar is.”

Die VF Plus het verder sy innige simpatie uitgespreek teenoor die slagoffer, familie en vriende en wens haar ‘n spoedige herstel toe.

Me. Mimie Jacobs in die hospitaal na die plaasaanval. Foto: Graham Jacobs

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button