NewsNews

Vaardigheid moet loopbaansuskes bepaal: wanneer eindig swart ekonomiese bemagtiging?

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is besig om 'n stadige dood te sterf. Werknemers wat belangrike posisies beklee nie vanweë vermoë nie, maar weens ʼn demografiese profiel is een van die grootste redes hiervoor.

Die VF Plus het onlangs tydens ‘n debat oor die wysigingswetsontwerp oor wetenskap en tegnologie opnuut sterk standpunt ingeneem teen transformasie en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB).

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Hoër onderwys, wetenskap en tegnologie het dit in ‘n persverklaring beklemtoon dat dié  standpunt nie spreek van wantroue in die vermoë van swart mense nie, maar dat dit gaan oor die skaarsheid van vaardighede in Suid-Afrika.

Volgens hom moet wetenskap, tegnologie en innovasie ‘n dryfkrag agter ekonomiese groei wees, maar dit is nie tans die geval in Suid-Afrika nie.

Dit is ook oor dié rede dat soveel gekwalifiseerde mense die land verlaat. “Geen mens presteer optimaal wanneer ʼn demografiese profiel, ongeag prestasie, loopbaansukses bepaal nie,” sê Boshoff.

“In die belang van swart en wit wetenskaplikes, sowel as in die belang van die Suid-Afrikaanse ekonomie, sou die VF Plus verkies dat hierdie wetsontwerp selfs verder gaan om transformasie in dié departement te beëindig.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button