NewsNews

Help om vir boere in nood blikkieskos in te samel

SASOLBURG. - DA-wyksraadslid vir wyk 18,Vaalpark, Ruanda Meyer en haar man Joseph, doen ‘n beroep op die gemeenskap om asseblief betrokke te raak by gemeenskapsprojekte en inisiatiewe.

“Tans steun ons AfriForum se Blikkiekos-insamelingprojek vir die boere in nood. “As ons almal saamstaan, kan ons ‘n verskil maak. Ons huishouding het 100 blikkies geskenk ek daag ander besighede en individue uit om ook ‘n bydrae te maak,” sê Ruanda. Elke blikkie beteken baie vir mense wat nie kos het nie. Hul mikpunt is 1 000 blikkies uit die gemeenskap vir die boere in nood.
“Onthou asseblief ook ons boere se diere.” Daar kan tot 27 Februarie blikkieskos ingesamel word. Die afsetpunt vir die skenkings is by Roseberrystraat 17, AfriForum-tak, Sasolburg. “Elkeen kan ‘n verskil help maak. Let’s do this.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button