NewsNewsSportSportBreaking News

Parkruns nou ook opgeskort weens Koronavirus

Die president van Parkrun Suid-Afrika, Bruce Fordyce, het laat weet dat alle parkruns regoor Suid-Afrika, Namibië en Eswatini met onmiddelike effek opgeskort sal word weens die  2019-koronavirus-situasie. “Ons verwag dat die sluitings tot minstens April sal voortduur,” het Fordyce in ’n verklaring gesê. Parkrun Suid-Afrika het onderneem om parkrunner op hoogte te hou van die …

Die president van Parkrun Suid-Afrika, Bruce Fordyce, het laat weet dat alle parkruns regoor Suid-Afrika, Namibië en Eswatini met onmiddelike effek opgeskort sal word weens die  2019-koronavirus-situasie.

“Ons verwag dat die sluitings tot minstens April sal voortduur,” het Fordyce in ’n verklaring gesê.

Parkrun Suid-Afrika het onderneem om parkrunner op hoogte te hou van die situasie soos dit ontvou.

“Ons besef dat dit vir baie van julle moeilik sal wees om hierdie nuus te hoor. Wees verseker dat ons hard werk om ons strategie te ontwikkel sodat ons in hierdie moeilike tye die gesondheid en gelukkigheid van parkrunners regoor die wêreld kan ondersteun.

“Dit is ongelooflik belangrik om aktief te bly, en ons werk aan maniere om mense aan te moedig en te ondersteun om aktief te wees. Ons versoek asseblief dat mense nie groepbyeenkomste by plaaslike parkruns reël terwyl parkruns opgeskort is nie,” het Fordyce versoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button