NewsNews

Covid-19: Landsburgers sal mekaar moet respekteer

Die getal Covid-19 lyers in die land styg daagliks en tans is daar 202 positief getoetste gevalle. Daar word egter verwag dat dié getal nog baie meer sal word. Volgens verwagtinge sal sowat 60% Suid-Afrikaners op een of ander wyse deur die virus geraak word. Die ernstigheid van elke lyer sal natuurlik wissel.

Dit is dus nou belangriker as ooit tevore dat almal (ongeag ras, geloof, geslag ouderdom) mekaar in hierdie beproewende tydperk bystaan en mekaar se gesondheid en belange respekteer.

Mense word gevra om gehoor te gee aan die nuut-ingestelde regulasies rondom kuierplekke en persoonlike higiene. Veral in die publiek moet mense veilige afstande van mekaar verkeer. Dit gaan ook nodig word om na die groter prentjie te kyk – dit gaan nie net oor jouself en jou eie gesin nie, dink ook aan werkers en veral die lae-inkomstegroep wat die swaarste getref sal word.

Huidige stand van sake:

Daar is tans 256 802 Covid-19 gevalle regoor die wêreld

Dit het reeds ‘n sterftesyfer van 10 501 tot gevolg

In totaal het 89 920 lyers herstel

In SA is niemand nog weens die virus oorlede nie

China het steeds die meeste aantal Covid-19 gevalle (80 967 met 3 248 sterftes)

Italië het die tweede hoogste aantal Covid-19 gevalle maar die meeste sterftes (41 035 met 3 405 sterftes)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button