NewsNews

Totsiens Johan “Sipho”Coetzee

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek het hierdie week ‘n groot gees verloor. 

Johan Coetzee was bekend en bemind en het blywende spore gelaat, nie net by sy vriende en familie nie, maar ook by die DA en die GTCoC. Klippies Kritzinger het op facebook gesê: “Die sakekamer (GTCoC) en sy bestuur/lede gaan Johan mis. Sy lojaliteit en bywoning op gereelde basis saam Jurgen sal verseker onthou word.” Johan is op 17 Maart 2020 oorlede. Sy gedenkdiens vind plaas vanuit die Nuwe Lewe Gesinskerk op 21 Maart. Weens die huidige beperkings op die getal mense wat mag vergader, word die gemeenskap versoek om nie die diens by te woon nie.  Alleenlik diegene wat persoonlik uitgenooi is, sal toegelaat kan word. Jy kan Johan se gedenkdiens bywoon deur op hierdie skakel te kliek Saterdag om 11:00. Volledige herdenkingsberig oor Johan se besonderse lewe volgende week in die Vaalweekblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button