Local newsNewsNews

Seuns steel die kollig tydens Vanderbijl Warrior Race

VANDERBIJLPARK. - Die gewilde Warrior Race is onlangs by die Emerald Resort & Casino aangebied en soos gewoonlik was daar hope aksie wat deur die fotograwe vasgevang is.

Maar vanjaar was daar so ietsie ekstra by! By een van die hindernisse, die sogenaamde Modder Monster, was daar ‘n paar seuns wat net langs die baan in die modder baljaar het tot groot genot van die ywerige fotograwe.

Riley Swanepoel van Lanseria, bygestaan deur drie ander gewillige maats, was die mannetjies wat die kollig gesteel het. Daar kan nie met sekerheid gesê word of hul ouers bewus was van hul modderpret voor dit in elk geval heeltemal te laat was nie. Al wat wel met sekerheid gesê kan word is dat hierdie seuns hulself baie geniet het – boys will be boys.

Riley Swanepoel van Lanseria en sy makkers was minder gepla oor die deelnemers van die Warrior Race, hulle het die modder langs een van die hindernisse sommer baie geniet. Foto’s: Elsje Vermeulen
Kyk hoe lyk ek nou! Riley staan gou vir ‘n oomblik stil voordat hy verder in die modder baljaar het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button