NewsNews

Srenger stappe nodig om Covid-19 te probeer stuit

Die nuwe aantal positief getoetste Covid-19 gevalle in Suid-Afrika staan skielik op 402, nadat nog 128 gevalle binne 'n tydperk van twee dae positief getoets het.

Dit is dus baie duidelik dat die virus baie vinnig versprei en in die lig hiervan word mense aangespoor om sosiale distansiëring strenger toe te pas.

Daar word steeds in spanning gewag om te hoor of daar enige drastiese stappe geneem gaan word om die virus te probeer stuit. Daar word egter reeds bespiegel dat daar moontlik ‘n opdrag kan volg vir alle Suid-Afrikanes om vir twee weke te self isoleer. Dit is nog nie bevestig nie, maar as daar na die doodsyfers in ander lande gekyk word, asook die stappe wat gevolg word om die virus te probeer stuit, is dit nie te ver gesog nie.

In totaal regoor die wêreld is tot dusver 350 667 Covid-19 gevalle. Dit sluit ‘n totaal van 15 321  sterfes in en 100 569 lyers wat herstel het.

China het steeds die meeste gevalle (81 093), wat 3 270 sterftes insluit en 72 703 wat herstel het. Daar is steeds 5 120 aktiewe gevalle.

Italië het die tweede meeste gevalle (59 138), maar die hoogste sterftesyfer 5 476 en 7 024 gevalle wat herstel het. Daar is steeds 46 638 aktiewe gevalle.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button