NewsNews

SA Covid-19 gevalle nou 709

Dit word al hoe meer duidelik waarom die Suid-Afrikaanse regering strenger stappe in plek moes stel, want die Koronavirus versprei baie vinnig deur die land. Gister het nog 155 gevalle positief getoets wat die Suid-Afrikaanse totaal Covid-19 gevalle nou op 709 te staan bring.

Daar is nog 705 aktiewe gevalle waarvan die uitslae nie bekende is nie. Vier pasiënte het intussen herstel en niemand is nog weens die virus in Suid-Afrika oorlede nie.

Wat die res van die wêreld betref hou die Covid-19 gevalle ook aan toeneem, asook die sterftes.

In totaal is daar nou wêreldwyd 423 468 gevalle, wat 18 909 sterftes insluit en 109 153 wat herstel het.

China is steeds die land met die meeste Covid-19 gevalle – 81 218 en 3 281 sterftes.

Italië het die tweede meeste Covid-19 gevalle, 69 176 en die meeste sterftes 6 820.

Die VSA het die derde meeste Covid-19 gevalle, 54 916 en  784 sterftes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button