NewsNews

SA se Covid-19 gevalle nou 927

Ure voordat die amptelike nasionale "lockdown" in werking tree, het Suid-Afrika se Covid-19 gevalle tot 927 toegeneem. Dit beteken sedert gister het nog 218 gevalle positief getoets.

Daar is ook 915  aktiewe gevalle waarvan die uitslae nog nie bekend is nie. Twaalf pasiënte het intussen herstel. Twee pasiënte is ernstig siek, maar niemand is nog weens die virus in Suid-Afrika oorlede nie.

Wat die res van die wêreld betref hou die Covid-19 gevalle ook aan die toeneem, so ook die sterftes.

Regoor die wêreld het Covid-19 in 198 lande  ‘n groot impak op menselewens. In totaal is daar nou wêreldwyd 499 935 gevalle, wat 22 323 sterftes insluit (gister was die totaal 18 909 sterftes) en 121 211 wat herstel het.

China is steeds die land met die meeste Covid-19 gevalle – 81 285 en 3 287 sterftes.

Italië het die tweede meeste Covid-19 gevalle, 74 386 en die meeste sterftes 7 503 (gister was die totaal 6 820).

Die VSA het die derde meeste Covid-19 gevalle, 74 375 (gister was die totaal 54 916) en  1 072 sterftes (gister was die totaal 784 sterftes).

Spanje se Covid-19 gevalle het ook baie toegeneem en die land staan nou op 56 197 gevalle en 4 145 sterftes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button