NewsNews

Tydelike water tekort in gedeelte van CW1

‘n Gebarste waterpyp in Hadfieldstraat, CW1 het die inwoners vanoggend (26 Maart 2020) skielik sonder water gelaat.

Die werkers het almal maskers gedra en instemmend geknik om so van ver af vir my inligting te geeGelukkig was ‘n span werkers gou op die toneel om die gat reg te maak. Water het oor die pad gelê, maar het nie in die straat af gestroom nie. Die werkers, almal met maskers ter beskerming teen die Koronavirus, was te besig om enige verdere detail te verskaf, maar het gesê hul reken die water behoort weer so by 10:30 se kant aan te wees. Ons bedank hul vir hul flinke en vinnige diens. Die rusbank wat op die foto gesien kan word, was blykbaar op die toneel alvorens die werkers opgedaag het. Ek wil net byvoeg dat hierdie foto’s op ‘n afstand geneem is en dat die paar vrae en antwoorde baie hard oor en weer aan mekaar meegedeel is… ten eerste sodat genoegsame afstand gehou kon word en ten tweede omdat die masjien baie geraas het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button