NewsNews

Vroeër SASSA-toelae vir oues en gestremdes

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (SASSA) sê daar is besluit om uitbetalings vir April reeds op 30 Maart te begin, in ‘n poging om die opeenhoping van mense by SASSA-uitbetalingspunte tot die minimum te beperk.

Betalings op die eerste twee dae (30 en 31 Maart) sal slegs geld vir bejaardes en mense met gestremdhede. Alle ander toelaes, soos kinderonderhoud, sal eers vanaf 1 April ingevorder kan word.
Volgens ‘n mediaverklaring van SASSA is die vroeër uitbetaling aan ouer mense en dié met gestremdhede ‘n poging om opeenhoping by banke en kleinhandelaars te voorkom en die risiko van Covid 19-infeksie te verminder.
Begunstigdes wat hul toelaes normaalweg by kontantbetaalpunte afhaal, sal hul toelaes vanaf Vrydag 3 April volgens die verskillende spesifieke datums wat in die vorige betalingsiklus aan hulle verskaf is, kan kom afhaal.
Sodra die geld in die rekening is, sal dit beskikbaar wees vir die begunstigde om enige tyd toegang te verkry tot oral waar en wanneer nodig. U hoef nie al die geld gelyktydig te onttrek nie. Begunstigdes word ook aangemoedig om hul SASSA-kaarte te gebruik om vir aankope te betaal, eerder as om kontant te trek.
Begunstigdes van maatskaplike toelae word aangemoedig om gebiede waar ‘n groot aantal mense is, ter wille van hul persoonlike veiligheid te vermy.
Betaalpunte en poskantore sal voorsien word van ontsmettingsmiddels om infeksies te voorkom. Alle nodige maatreëls sal getref word om te verseker dat sosiale afstand tussen mense gehandhaaf word.
Bykomende kontantmasjiene sal by kontantbetaalpunte en poskantore gebruik word om die spoed van uitbetaling te versnel en daar nie te veel mense op een slag hoef te wag nie.
SASSA bepleit ‘n gedragsverandering onder alle Suid-Afrikaners en beveel aan dat almal hul persoonlike higiëne-maatreëls opskerp:
• Was hande gereeld met seep en water of met hand-ontsmettingsmiddels vir ten minste 20 sekondes
• Bedek jou neus en mond met ‘n sneesdoekie of geboë elmboog as jy hoes en nies;
• Vermy noue kontak met iemand met verkoue- of griepsimptome.
Begunstigdes kan SASSA by 0800 60 10 11 skakel vir meer besonderhede, of besoek SASSA op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button