NewsNews

SA het nou 1 187 Covid-19 gevalle

Suid-Afrika se nuuste getal Covid-19 gevalle is 1 187  (die vorige aantal was 1 170) waarvan 7 baie ernstig is. Sover het die virus een pasiënt se lewe geëis en 31 het herstel. Daar was voorheen gedink dat die virus reeds twee lewens geëis het, maar daar is later gevind dat die tweede pasiënte negatief getoets het vir Covid-19. (Hierdie syfers mag deur die loop van die dag verander). Daar is nog 1 155 aktiewe gevalle.

Syfers in provinsie:

Gauteng – 533

Wes-Kaap – 271 (een sterfte)

Kwa-Zulu-Natal – 156

Vrystaat – 68

Limpopo – 11

Mpumalanga – 10

Oos-Kaap – 10

Noordwes – 6

Noord-Kaap – 5

Onbepaalde afkoms – 117

Daar is tans regoor die wêreld 664 621 gevalle, wat 30 892 sterftes insluit en 142 368 wat herstel het. Hierdie syfes sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee.

Covid-19 getalle regoor die wêreld (getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA is tans die meeste Covid-19 gevalle – 123 776  wat 2 229 sterftes insluit en 3 231 wat herstel het. Daar is nog 118 316 aktiewe gevalle.

In Italië is daar 92 472 gevalle, wat 10 023 sterftes insluit en 12 384 wat herstel het. Daar is nog 70 065 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 439 gevalle,  wat 3 300 sterftes insluit en 75 448 wat herstel het. Daar is tans nog 2 691 aktiewe gevalle.

In Spanje is daar nou 73 235 gevalle, wat 5 982 sterftes insluit en 12 285 wat herstel het. Daar is tans nog 54 968 aktiewe gevalle.

In Duitsland is daar nou 57 695 gevalle, wat 433 sterftes insluit en 8 481 wat hestel het. Daar is nog 48 781 aktiewe gevalle.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button