NewsNewsBreaking News

Bekende laerskoolhoof oorlede

MEYERTON. – Die hoof van Laerskool Republiek in Rothdene, mnr. Heiné Muller, is Maandagmiddag net na 16:00 oorlede. Mnr. Muller is glo verlede week in die intensiewe sorgeenheid opgeneem nadat hy ’n beroerte gehad het. Intussen stroom huldeblyke op sosiale media vir hom in. Muller word ondermeer as ’n “ongelooflike mens” met ‘n “hart van …

MEYERTON. – Die hoof van Laerskool Republiek in Rothdene, mnr. Heiné Muller, is Maandagmiddag net na 16:00 oorlede.

Mnr. Muller is glo verlede week in die intensiewe sorgeenheid opgeneem nadat hy ’n beroerte gehad het.

Intussen stroom huldeblyke op sosiale media vir hom in.

Muller word ondermeer as ’n “ongelooflike mens” met ‘n “hart van goud” beskryf wat “liefde vir almal” gehad het.

Baie mense onthou ook dat hy ’n goeie onderwyser en skoolhoof was wat ‘n passie vir onderwys gehad het.

Ook Klippies Kritzinger, uitvoerdende hoof van die Goue Driehoek Sakekamer, wat saam met Muller in die weermag was, beskryf hom op sy Facebook-blad as ’n “legend”. Op Laerskool Republiek se Facebook-blad staan daar geskryf: “Rippies se harte is vanaand baie seer. Heiné Muller, nooit sal iemand jou voete kan volstaan nie, jy was en is Rippies. “.

*Hierdie is ’n ontwikkelende storie. Meer inligting sal volg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button