Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe wys inperking wie’s baas

Moenie glo die nasionale inperking kan mense keer om vindingryk en kreatief te wees nie. Dit word duidelik bewys deur die pragfoto's wat dag na dag deur die “lockdown-fotograwe” geneem word. Die inperking het wel verhoed dat mense vrylik kan rondbeweeg, maar dit kon duidelik nie mense se kreatiwiteit onder kry nie.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Louis McPherson van Vanderbijlpark het hierdie foto opgestel en afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie pragtige rooi roos afgeneem.
Eileen Pretorius van Vanderbijlpark het hierdie “vars” foto opgestel en afgeneem.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het hierdie insek raakgesien en afgeneem.
Nicolaas Louw van Vanderbijlpark het hierdie besondere sonsondergang afgeneem.
Estelle Dannhauser van Vanderbijlpark het buite die boks gedink en die kunstige foto geneem.
Willie Barnard van Vanderbijlpark het hier nagfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button