NewsNews

Soektog na Afrikaanse sterre vir TV-advertensie

Sit dus sommer vandag nog jou kreatiewe hoed op en maak jou video. Inskrywings het reeds op 15 Mei oopgemaak, maar daar kan tot 15 Junie ingeskryf word.

Wat is die prys?

Uittreksels van wenvideo’s word deel van Afrikaans.com se nuutste TV-advertensie!

Wat moet jy doen?

Maak ’n video van nie langer as 60 sekondes nie, waar jy iets uniek van die Afrikaanse kultuur en/of taal uitbeeld … want jy mag mos trots wees op jou Afrikaanswees. Dit is tog deel van jou identiteit. Plaas die video op jou Facebook- of Instagramblaaie en merk (tag) Afrikaans.com by @afrikaans.com. Jy kan ook jou video op YouTube laai en die skakel vir ons e-pos na myafrikaans@afrikaans.com en onthou die hutsmerk #tuisinjoutaal.

Kompetisiereëls en -kriteria

Kreatiwiteit, oorspronklikheid en videogehalte sal bydra tot ’n moontlike wenvideo. Gaan na www.afrikaans.com en klik op die Projekte-blokkie op die Tuisblad. Hier kry jy die volledige kriteria waaraan jou video moet voldoen, die kompetisiereëls, asook die bepalings en voorwaardes.

Neem sommer vandag nog deel!

Daar is min tyd, maar aangesien ons steeds in inperking is, is nou juis ’n geleentheid om ons daaglikse bestaan so bietjie op te kikker. Afrikaans.com kan nie wag om jou video te ontvang nie!

Navrae kan gerig word aan myafrikaans@afrikaans.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button