Local newsNews

Kunstefeeste die soetkoek waarop sy gedy

Annebelle Smit (11) geniet dit om voor mense op te tree en vaar uitstekend in alles van prosa tot poësie. In Afrikaans en Engels.

MEYERTON – Annebelle Smit (11) is in graad 5 en is op haar gelukkigste as sy op die verhoog is. Dié leerder van Laerskool Republiek het aan meer as 40 items deelgeneem by vyf kunstefeeste.

In die proses het sy 23 A+++, 17A++ en ʼn A+ verdien. By Republiek De Talento is sy as afdelingswenner gekroon vir poësie, gedramatiseerde poësie, prosa, monoloog, poetry en dramatised poetry.

By die Arte Vera Kunstefees het Anebelle as wenner van die poësie, gedramatiseerde poësie, prosa en gedramatiseerde prosa weggestap. Sy was ook een van net 20 deelnemers wat gekies is om by die gala-aand op te tree. Dit is by Laerskool Vryheidsmonument gehou.

Daarna het Anebelle die Show Your Talent verhoog aangedurf. Hier is sy aangewys as een van die Top 10 deelnemers in die drama afdeling en wen sy ook die gedramatiseerde prosa afdeling.

Haar ma Bianca sê hulle is baie trots op Annebelle. Naas haar kunstefeesprestasies vaar Annebelle ook uitstekend op akademiese gebied en is sy een Republiek se Cheerleaders.  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button