NewsNews

Covid-19 statistiek: 213 lande gaan gebuk onder virus

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle staan reeds op 5 611 601 gevalle (gister was dit 5 532 121). Tot dusver het die virus reeds 348 330 lewens geëis (gister was dit 347 249) en 2 388 108 pasiënte het gelukkig herstel (gister was die aantal 2 319 216). Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuuste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 31ste op die lys)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 706 277 (vorige aantal 1 689 581) en 99 807 sterftes (vorige aantal was 99 381). ‘n Totaal van 464 727 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië is steeds die wêreld “hot spot” met 376 669 gevalle (vorige aantal 365 213) en 23 522 sterftes.
  • Rusland – 362 342 gevalle (vorige aantal 353 427) en 3 807 sterftes.
  • Spanje – 282 480 gevalle (vorige aantal was 282 370) en 26 837 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 261 184 gevalle (vorige aantal 259 559) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 36 914.
  • Italië – 230 158 gevalle (vorige aantal 229 858) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 877.
  • Frankryk – 182 942 gevalle (vorige aantal 182 584) en 28 432 sterftes.
  • Duitsland – 180 808 gevalle (vorige aantal 180 505) en 8 432 sterftes.
  • Turkye – 157 814 gevalle (vorige aantal 156 827) en 4 369 sterftes.
  • Indië – 146 376 gevalle (vorige aantal 141 228) en 4 187 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 992 gevalle (vorige aantal 82 985) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is glo nog net 81 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button