NewsNews

Gesin veilig na voertuig brand

VANDERBIJLPARK. – ‘n Uitgebrande voertuig in Vaal Mall se parkade het inkopiegangers al van vroegdag op 26 Mei 2020 aan’t wonder oor wat gebeur het.

Vaalweekblad het verneem dat Ryan Coetzee, sy vrou Louise en dogterjie op pad was Vanderbijlpark se kant toe, toe die motor onklaar geraak het by die die kruising van die dood. Hy kon gelukkig weer die voertuig aan die gang kry en het tot by die winkelsentrum gery waar hy gehoop het dit veiliger sou wees om te stop en aan die motor te werk.

Die voertuig het gistraand in die Vaal Mall parkeer area uitgebrand. Niemand is beseer nie. Foto: Gerda Bruinette

Hulle was egter skaars binne die parkeerterrein toe die motor aan die brand geslaan het. Die deure kon glad nie oopmaak nie. Ryan het daarin geslaag om die deur oop te skop. Hy het eers sy dogter en toe sy vrou uit die motor gegooi, alvorens hyself uitgespring het. Hy kon ongelukkig nie enige ander van hul besittings wat in die motor was red nie.

Na bewering was daar ook drie ontploffings gehoor terwyl die motor heeltemal uitgebrand het. Niemand is in die voorval beseer nie. Die gesin was vandag nog baie geskok na die voorval. Ryan het op sy Facbook muur dankie gesê vir die drie beheerkamer offisiere van Vaal Mall wat laasnag op diens was en uit hul pad gegaan het om die gesin te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button