NewsNews

Covid-19 statistiek: Reeds meer as 100 000 sterftes in VSA

Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 5 716 629 (gister was dit 5 611 601). Tot dusver het die virus reeds 352 964 lewens geëis - waarvan 100 674 van die sterftes in die VSA was. Daar het tot dusver 2 455 170 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 31ste op die lys)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 728 899 (vorige aantal 1 706 277) en 100 674 sterftes (vorige aantal was 99 807). ‘n Totaal van 480 133 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië is steeds die wêreld “hot spot” met 394 507 gevalle (vorige aantal 376 669) en 24 593 sterftes.
  • Rusland – 370 680 gevalle (vorige aantal 362 342) en 3 968 sterftes.
  • Spanje – 283 339 gevalle (vorige aantal was 282 480) en 27 117 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 265 227 gevalle (vorige aantal 261 184) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 37 048.
  • Italië – 230 555 gevalle (vorige aantal 230 158) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 955.
  • Frankryk – 182 722 gevalle (vorige aantal 182 584) en 28 530 sterftes.
  • Duitsland – 181 502 gevalle (vorige aantal 180 808) en 8 498 sterftes.
  • Turkye – 158 762 gevalle (vorige aantal 157 814) en 4 397 sterftes.
  • Indië – 153 304 gevalle (vorige aantal 146 376) en 4 367 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 993 gevalle (vorige aantal 82 992) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is glo nog net 79 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button