NewsNews

Covid-19 statistiek: Virus eis reeds meer as 362 000 lewens regoor wêreld

Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 5 935 032 (gister was dit 5 807 485). Tot dusver het die virus reeds 362 756 lewens geëis. Daar het tot dusver 2 602 565 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 30ste op die lys met 27 403 gevalle)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 768 608 (vorige aantal 1 745 911) en 103 344 sterftes (vorige aantal was 102 114). ‘n Totaal van 498 762 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië – 438 812 gevalle (vorige aantal 414 661) en 26 764 sterftes.
  • Rusland – 387 623 gevalle (vorige aantal 379 051) en 4 374 sterftes.
  • Spanje – 284 986 gevalle (vorige aantal was 283 849) en 27 119 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 269 127 gevalle (vorige aantal 267 240) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 37 837.
  • Italië – 231 732 gevalle (vorige aantal 231 139) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 142.
  • Frankryk – 186 238 gevalle (vorige aantal 182 913) en 28 662 sterftes.
  • Duitsland – 182 495 gevalle (vorige aantal 181 895) en 8 574 sterftes.
  • Indië het verby Turkye geskuif – 167 442 gevalle (vorige aantal 158 897) en 4 797 sterftes.
  • Turkye – 160 979 gevalle (vorige aantal 159 797) en 4 461 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 995 gevalle (vorige aantal 82 995) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 70 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button