NewsNews
Covid-19 statistiek: Meer as 6 miljoen gevalle regoor wêreld geregistreer
Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 6 063 978 (gister was dit 5 935 032). Tot dusver het die virus reeds 367 471 lewens geëis. Daar het tot dusver 2 685 093 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 30ste op die lys met 29 240 gevalle)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 795 635 (vorige aantal 1 768 608) en 104 581 sterftes (vorige aantal was 103 344). ‘n Totaal van 519 612 het tot dusver van die virus herstel.
- Brasilië – 468 338 gevalle (vorige aantal 438 812) en 27 944 sterftes.
- Rusland – 396 575 gevalle (vorige aantal 387 623) en 4 555 sterftes.
- Spanje – 285 644 gevalle (vorige aantal was 284 986) en 27 121 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 271 222 gevalle (vorige aantal 269 127) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 38 161.
- Italië – 232 248 gevalle (vorige aantal 231 732) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 229.
- Frankryk – 186 835 gevalle (vorige aantal 186 238) en 28 714 sterftes.
- Duitsland – 183 089 gevalle (vorige aantal 182 495) en 8 598 sterftes.
- Indië – 175 434 gevalle (vorige aantal 167 442) en 4 983 sterftes.
- Turkye – 162 120 gevalle (vorige aantal 160 979) en 4 489 sterftes.
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 999 gevalle (vorige aantal 82 995) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 63 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
