NewsNews
Covid-19 statistiek: Peru ook nou onder lande met meeste gevalle
Peru is die nuutste land wat nou onder die meeste aantal Covid-19 gevalle gebuk gaan. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 6 291 713 (eergister was dit 6 063 978). Tot dusver het die virus reeds 374 359 lewens geëis. Daar het tot dusver 2 862 610 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 28ste op die lys met 32 683 gevalle)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 837 625 (eergister – 1 795 635 ) en 106 198 sterftes (eergister – 104 581). ‘n Totaal van 599 879 het tot dusver van die virus herstel.
- Brasilië – 514 992 gevalle (eergister 468 338) en 29 341 sterftes.
- Rusland – 414 878 gevalle (eergister 396 575) en 4 855 sterftes.
- Spanje – 286 509 gevalle (eergister 285 644) en 27 127 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 274 762 gevalle (eergister 271 222) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 38 489.
- Italië – 232 997 gevalle (eergister 232 248) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 415.
- Indië het Duitsland en Frankryk verby gesteek – 191 333 gevalle (eergister 175 434) en 5 413 sterftes.
- Frankryk – 188 882 gevalle (eergister 186 835) en 28 802 sterftes.
- Duitsland – 183 494 gevalle (eergister 183 089) en 8 605 sterftes.
- Peru het Turkye verbygesteek tot in top tien – 164 476 en 4 506 sterftes.
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 017 gevalle (eergister 82 999) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 76 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
