2 Junie: Midvaal kry nog ‘n Covid-19 geval by
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 98 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 28 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 70 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 60 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 17 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 8 waarvan 6 herstel het. Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
Daar is in totaal reeds 4 231 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 154 herstel het en 33 gesterf het. Daar is dus nog 2 077 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 219 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 956 (1 232 herstel) = 724 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 868 (526 herstel) = 342 aktiewe gevalle
Tshwane – 512 (308 herstel) = 204 aktiewe gevalle
Wes Rand – 373 (60 herstel) = 313 aktiewe gevalle
Sedibeng – 98 (28 herstel) = 70 aktiewe gevalle
Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 424
