Local newsNews

Valie kloof water met talle medaljes

Die 2026 MSC Sprints Gala is aangebied deur die Margate Swimming Club. Veronique Coetzee van J's Aqua het baie goed gevaar.

SASOLBURG – Veronique Coetzee het uitstekend gevaar by die Margate Sprint Gala 2026 wat op 26 en 27 September plaasgevind het. Net 12 jaar oud en sy is reeds een van J’s Aqua Swimming Klub se skittersterre.

Tydens die Margate Sprint Gala het Veronique met drie goue, sewe silwer en drie brons medaljes weggestap. Dit het aan haar ʼn algehele sesde plek besorg met haar 264 klubpunte onder die vroue.

Sy het in die 11-12-jarige ouderdomsgroep deelgeneem en aan 17 items deelgeneem. In drie daarvan het sy haar persoonlike beste tye verbeter.

Veronique het uitgeblink in rugslag waar sy die eerste plek in die 100 m en 200 m behaal het. Sy het haar derde goue medalje in die 100 m vlinderslag verdien.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button