NewsNews

Covid-19 statistiek: Brasilië se sterftesyfer ook verby 30 000 kerf

Brasilië is nou die vierde land wat reeds meer as 30 000 sterftes geregistreer het. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 6 404 833 (gister was dit 6 291 713). Tot dusver het die virus reeds 378 136 lewens geëis. Daar het tot dusver 2 933 422 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 27ste op die lys met 35 812 gevalle)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 860 626 (gister – 837 625) en 106 945 sterftes (gister – 106 198). ‘n Totaal van 615 654 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië – 529 405 gevalle (gister 514 992) en 30 046 sterftes.
  • Rusland – 423 741 gevalle (gister 414 878) en 5 037 sterftes.
  • Spanje – 286 718 gevalle (gister 286 509) en 27 127 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 276 332 gevalle (gister 274 762) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 39 045.
  • Italië – 233 197 gevalle (gister 232 997) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 475.
  • Indië – 201 009 gevalle (gister 191 333) en 5 628 sterftes.
  • Frankryk – 189 220 gevalle (gister 188 882) en 28 833 sterftes.
  • Duitsland – 183 820 gevalle (gister 183 494) en 8 624 sterftes.
  • Peru –  170 039 gevalle (gister 164 476) en 4 634 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 022 gevalle (gister 83 017) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 73 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button