Local newsNewsNews

Fotograwe het net die regte doepa vir ‘n Dinsdag

Die "lockdown-fotograwe" se mooi foto's is net die regte doepa vir 'n Dinsdag! Vaalweekblad deel dit met trots.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe het nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad is die week terug op die rak! Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Zinta Taljaard van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar dogter geneem.
    Alecia Barnard van Vanderbijlpark het die pragtige foto van ‘n vlinder geneem.
    André Jordaan van Vanderbijlpark het hierdie mooi sonsondergang foto geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het die kunstige foto geneem.
    Anne Adelson van Secunda het die mooi sonsondergang foto ingestuur.
    Bennie Henning van Germiston het die mooi monochroom foto van die maan geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het hierdie “sundowner” foto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi stillewe foto geneem.
    Chris Barnard van Vanderbijlpark het die foto van ‘n duif in vlug geneem.
    June Bartlett van George het hierdie mooi natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het hierdie mooi natuurfoto tydens ‘n oggend-uitstappie geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie prag-toneel opgemerk en afgeneem.
    Dit is toe nie ‘n lekkergoed-papiertjie tussen die blomme nie. Hennie Coetsee van Meyerton het die besondere foto geneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijllpark het die oulike feëtjie afgeneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button