NewsNews

Tiener vat beseerde pa op fiets huis toe, 1200 km ver

Jyoti Kumari van Indië is net 15 jaar oud, maar sy het onlangs getoon dat sy oor ongelooflike deursettingsvermoë en dapperheid beskik.

Haar pa, Mohan Paswan, het in Januarie ‘n ernstige been besering opgedoen en sy werk verloor. Op daardie stadium het Jyoti, wat verlede jaar al weens ‘n geld tekort skool moes verlaat, na Gurugram gereis om na haar pa om te sien. In Maart het Covid-19 ook kop uitgesteek in Indië en is inperkings reëls ook daar aangekondig. Aangesien hul nie meer huur kon betaal nie, is Mohan en Jyoti sonder ‘n dak oor hul kop gelaat.

Jyoti het haar ouers belowe sy sal hul by die huis kry. Sy het met hul laaste geld ‘n fiets gekoop, haar pa en ‘n swaar klere sak op die fiets gelaai en begin trap. Dit was ‘n moeilike reis. Daar was dae wat hul nie kos gehad het nie en dae wat vreemdelinge hul gehelp het. Jyoti het moedig voort bly trap en die moeisame reis in 7 dae voltooi! Sy het gereeld van geleende selfone haar ma geskakel, elke keer met dieselfde boodskap:  “Don’t worry, I’ll get Papa home good.”

Voorwaar ‘n inspirasie vir almal. Kyk die video hier https://youtu.be/S74LDK14TlM (Bron: goodnewsnetwork.org)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button