3 Junie: 101 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 101 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 28 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 73 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 62 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 17 (waarvan 4 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 9 waarvan 5 herstel het (dit het voorheen getoon dat daar 6 herstel het, maar dit is vandag verander na 5). Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
Daar is in totaal reeds 4 276 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 169 herstel het en 33 gesterf het. Daar is dus nog 2 107 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 228 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 2 016 (1 236 herstel) = 780 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 887 (536 herstel) = 351 aktiewe gevalle
Tshwane – 536 (309 herstel) = 227 aktiewe gevalle
Wes Rand – 387 (60 herstel) = 327 aktiewe gevalle
Sedibeng – 101 (28 herstel) = 73 aktiewe gevalle
Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 349
